Thursday, May 26, 2011






Daar was 6 van hulle Tannies Dora, Joey, Baby, Etha, Oom Boetie en .. Tannie Marie. Hulle is net na Unie wording gebore en het soveel gesien.

Tsaarskuil, Stellenbosch, Kuilsrivier, Bellville, Strand, Vanwyksvlei, Colesberg..Mancelaan in Mayville. Hulle was goeie mense, die sleg en die wonder van die 20e eeu ervaar en van ons gemaak wat ons is.

Vandag het ons die laaste een gegroet. Net mooi om te onthou, maar veral die alleentyd  in 1970 om elke 2e naweek die liefde van die Tannie te ervaar.